€ 19,95

ePUB ebook

niet beschikbaar

PDF ebook

niet beschikbaar

Meer van deze auteur

  • Cover GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS (DEEL 2)
    GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS (DEEL 2) (boek)
  • Cover GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (Deel 3)
    GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (Deel 3) (boek)

Griekeland Verrassend Anders (Deel 1)

Griekeland Verrassend Anders (Deel 1)

Wicus Botha (alias: Griekse Boerke) • Boek • paperback

  • Samenvatting
    AGTERBLAD - GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS (DEEL 1)
    Lekker om te lees! Lekker om te ontvlug en weg te kom van al die rumoer, al die gedruis en al die spanning om jou heen, en te verdwaal in ʼn ander wêreld, ʼn land só anders as wat hy meestal voorgestel word.
    ʼn Man staan in die deur en staar die donkerte in, sy maag hang saam met sy hemp oor sy broek. Hy suig aan ʼn sigaret en kyk hoe reën in flarde neerkom, laat sy hand sak en blaas rook die koue naglug in. Hy skiet as van sy sigaret af. Dit maak vonkies. “Die omgewing lyk maar scalie,” sê Suzette. “Die omgewing én die man,” sê ek. Ry maar verder,” sê sy, “ons gaan tog nie by die eerste die beste hotel slaapplek soek nie.” Aan geraamtes van sonskerms wat tydens die somer met palmtakke bedek was klou nog ʼn paar halms halsstarrig vas, terwyl die wind dit in flarde waai en onsigbare aasvoëls daaraan ruk en pluk. Geel modderwater stroom teen die berghange af en verkleur die water van die Golf van Korinthe geel. Skuins voor ons klots geel modderwater teen ʼn skuit wat op die strand lê. Op ʼn tergend gevaarlike paadjie, hoog in die berge, word ons skielik deur sneeu oorval. In deinsige donkerheid van dwarrelend sneeu, wolke en mis, soek ek omdraaiplek langs grynsende afgronde. Suzette spot: “Ek sal nie omgee om hier vas te sneeu nie ... as daar maar net ʼn aantreklike Griek in die omgewing is wat hom oor my sal ontferm!

    *****

    GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (Deel 1)
    SAMEVATTING: VERKORTE TEKS SAAMGESTEL uit FRAGMENTE
    (2022/05/01)

    Lekker om te lees!

    Lekker om te ontvlug en weg te kom van al die rumoer, al die gedruis en al die spanning om jou heen, en te verdwaal in ʼn ander wêreld, ʼn land só anders as wat hy meestal voorgestel word!

    In grieselrige, stormagtige winterweer het ons in Athene aankom. Karre wat van vóór kom se ligte het op die pad weerkaats en dit onmoontlik gemaak om enige straatnaam of rigtingwyser te lees. Nie dat dit sou help nie, want tóé was rigtingwysers en naamplate nog alles in die Hellenistiese skrif - Grieks!
    Suzette gee raad: “Ry maar net teen die stroom in, dan weet ons immers dat ons in die regte rigting ry!”

    Ek draai regs-af in ʼn straatjie wat net effens breër is as ʼn stegie. Hoe mooi lyk so ʼn ou stad darem wanneer so baie liggies op nat paaie en mure weerkaats. Dis sprokiesland! Op ʼn klein regop geboutjie tussen baie ander, pryk die naam van ʼn hotel. ʼn Man staan in die deur en staar die donkerte in, sy maag hang saam met sy hemp oor sy broek. Hy suig aan ʼn sigaret en kyk hoe reën in flarde neerkom, laat sy hand sak en blaas rook die koue naglug in. Hy skiet as van sy sigaret af. Dit maak vonkies.

    “Die omgewing lyk maar scalie,” sê Suzette. “Die omgewing én die man,” sê ek.
    Ry maar verder,” sê sy: “Ons gaan tog nie by die eerste die beste hotel slaapplek soek nie.”

    Ons parkeer die karretjie, met ʼn spul bagasie (insluitende my laptop) in die kattebak, wederregtelik op ʼn staanplek vir motorfietse en bid dat engele daaroor sal waghou, dat ons nie skade of verlies sal lei of beboet sal word nie. Erger nog: dat die kar nie weggesleep word nie.

    Ons maak die aand kennis met ʼn “tradisionele” Griekse badkamer en toiletgebruike en moes gou die kuns aanleer om “versigtig” te stort, sodat álles nie nat word nie. Ons moes ook aanleer om gebruikte toiletpapier nie in die toiletbak af te spoel nie en het selfs die kuns aangeleer om gebruikte papiertjies só op te vou om ʼn greep daarop kry dat dit nie per ongeluk in die toiletbak val en daaruit “gevis” moes word nie.

    Die volgende oggend met ontbyt breek die son deur grou wolke en skyn op die marmer van die Parthenon soos ʼn kollig op die dekor van ʼn operaverhoog. Wanneer grou-grys verander in ʼn tafereel met honderde rooi teëldakkies en daktuine met blompotte vol kleurvolle blomme daarin, vind ons uit dat “marmelade” nie Engels is nie. In die oorspronklike taal beteken die woord net gewoonweg “konfyt”.

    By ʼn klein winkeltjie, teen die hange van ʼn wolkbedekte Akropolis van Korinte, spring ek in gietende reën uit die kar om vir ons middagete te koop. By ʼn vrou wat niks anders as Grieks en gebaretaal kon verstaan nie, koop ek uiteindelik twee rou visfilette (so iets soos Hollandse maatjes), ʼn vars gebakte Griekse brood, ʼn stuk wit Griekse kaas, ʼn stuk salami, ʼn plastiekbakkie gevul met vars olywe (uit ʼn gróót houer geskep) en ʼn bottel water.

    Langs die Meer van Korinthe hou ons stil om te eet.
    Aan geraamtes van sonskerms wat tydens die somer met palmtakke bedek was, klou nou nog ʼn paar halms halsstarrig vas terwyl die wind dit in flarde waai en onsigbare aasvoëls daaraan ruk en pluk. Geel modderwater stroom teen die berghange af en verkleur die water van die Golf van Korinthe geel. Skuins voor ons klots geel modderwater teen ʼn skuit wat op die strand lê.

    Die rou vis staan Suzette nie aan nie, maar ek neem een aan die stert en hou dit (soos ek in België geleer het om te doen) soos ʼn Hollandse Maatjie bo my mond en begin smul. Met hand en tand eet ons verder. Ons breek stukke van die taai kraakvars Griekse brood af en doop dit in olie wat onder in die bakkie met olywe versamel het. Ons breek ook stukke van die harde wit Griekse kaas af om saam met die brood en olywe te eet. Heerlik, lekker!

    Ons ry met die smal paadjie verder langs Kolpos Korinthos af en sien ʼn konstruksie wat in aanbou is uit die water opdoem. Dis die struktuur van ʼn brug. Reusagtig! Later sou ek uitvind dat die brug op onvaste fondamente staan en oor ʼn aktiewe seismiese breuk gebou is waar sterk getystrome heers. Ek lees ook dat die projek, na voltooiing, met die OPAL-Award for Oustanding Engineering Achievements bekroon is. Dit was die eerste keer dat dié toekenning aan ʼn projek buite die Verenigde State gemaak is. Dit moes enige ingenieur se droom of sy nagmerrie gewees het!

    Later breek die son deur. Kolle sonlig skyn op bootjies wat op die Meer van Korinte dryf en skitter op sneeubedekte pieke van berge oorkant die meer. Ek neem die kaart wat ons by die Griekse toeristekantoor op die lughawe gekry het (dit was in dae voordat ons met GPS vertroud was) en probeer vasstel waar presies op hierdie aardbol ons is, want tot hier het ons die pad net blindelings gevolg. Ek kyk na die bergreeks links van ons, dan na die kaart. Hierdie berg is hoër as Tafelberg!

    ʼn Paar paaie loop hier van onder af, berg-op, tot waar hulle iewers daarbo teen hoë spitse doodloop. Ek het aan die voet van die Drakensberge grootgeword en die mistiek van berge fassineer my, die veranderlikheid daarvan. Elke oomblik lyk iets anders. Of jy hom te voet aanpak of waarmee ookal, dis asof hy met jou wil wegkruipertjie speel. Hy steek altyd vir jou iets weg: agter elke klip, elke bos, elke rand. Dan, skielik onthul hy weer vir jou iets wat jy nooit verwag het nie, ook nooit weer sal sien nie. Hierdie berge wil ek in.

    Op ʼn tergend gevaarlike paadjie, hoog in die berge, word ons skielik deur sneeu oorval. In deinsige donkerheid van dwarrelend sneeu, wolke en mis, soek ek omdraaiplek langs grynsende afgronde. Suzette spot: “Ek sal nie omgee om hier vas te sneeu nie ... as daar maar net ʼn aantreklike Griek in die omgewing is wat hom oor my sal ontferm!”

    Dis Saterdagaand. Ons soek “atmosfeer” - ʼn plek waar ons kan eet, na Griekse musiek kan luister en Griekse danse kan sien.
    Ons soektog loop op ʼn mislukking uit, maar op pad terug na ons hotelletjie, buite Patra, sien ons ʼn plaaslike kafee of eetplek en besluit om dáár te gaan inloer. Ek maak die deur vir Suzette oop, maar sy deins terug. Die vloer is met verslete linoleumteëls bedek en agter ʼn sluier van sigaretrook sit ʼn paar manne by ʼn panelitetafeltjie en -stoeltjies van vyftig of sestig jaar gelede. Hulle volg ʼn sokkerwedstryd op een van die ou soort TV’s wat met ʼn staal-arm aan die verste muur vas is. Die klank is voluit oopgedraai. Hulle is diep by die spel betrokke.

    Een sit agterstevoor op sy stoel en soos ʼn ruiter klem hy met sy hande aan die rugleuning vas. ʼn Ander sien ons binnekom en vestig die eerste se aandag op ons. Sy maat kyk vluggies oor sy skouer, maar wil nie sy aandag van die spel af neem nie.
    Met groot gesukkel en gebaretaal kry ons die aand iets om te eet ... meer as wat ons verwag het!

    Die volgende oggend onthul kolle sonlig sneeu op die pieke van Berg Panachaiko. Buite is dit heimlik stil, die son skyn strelend op ons verbleikte Europese gesigte.

    Daar is twee moontlike roetes wat ons agter die berge om kan volg, terug Korinthe toe en dan Athene. Ons kies die roete verder suid waar daar moontlik minder sneeu op die pad sal wees. Die omgewing is landelik, die paadjie smal, die hellings van die berge bosagtig. Iewers op die pad lê ʼn vos wat platgetrap is. Tussen bosse en vosse kom ons ook mense teë - ou mans en vrouens wat soos in Bybelse tye met lang gekrulde herderstaf skape oppas.

    Toe ons begin honger word en “die natuur roep” stop ons by ʼn bos blaarlose bome langs die pad, want nêrens het ons deur ʼn dorp gery waar ons ʼn toilet kon gebruik of iets kon koop om te eet nie! Suzette vroetel in ʼn sak en sê: “Ons het darem nog van gister se brood en kaas wat oorgebly het, en ... wag ‘n bietjie, hier is darem nog ʼn paar olywe en ʼn bietjie water ook, ons is gered!”

    Die omgewing is buitengewoon mooi.
    Na daelange reën is alles skoongewas en strome water stort oor hoë kranse en langs berghellings af. Iewers tussen die bome murmel ʼn stroompie water. Ons hoor die geluid van ʼn klok, die klok om die nek van ʼn bok wat iewers teen ʼn steil berghang wei.

    Langs ʼn volgende berghelling, by ʼn draai langs ʼn gevaarlike afgrond, stop ons by ʼn proskinitarion langs die pad en vra mekaar af: “Is dit die Agaje wat tweeduisend jaar gelede gekersten is, of is dit Afrika, Indië of China? Opgewondenheid maak plek vir ʼn soort droefheid, want oral is siele aan herinneringe van mense verkleef - geliefdes wat nie meer leef nie! Maar hoeveel glo dat die lewe wat hier so kortstondig is, aan die anderkant van die kloof tussen hier en ewigheid, met vreugde voortgesit kan word?

    In sy boek, Mani, skryf Patrick Leigh Fermor oor hierdie wêrelddeel: "There is in practice, little belief in a conventional after-life and the rewards and sanctions of Christian dogma … it is not for a Christian eternity, a paradise above the sky, that the dead are setting out, but the Underworld, the shadowy house of Hades and the dread regions of Charon…"

    Dit was al donker toe ons in ʼn gure buurt in ʼn buitewyk van Athene die pad na die lughawe kwytraak. In gietende reën het ons by ʼn klein vulstasie probeer navraag doen. Die enigste persoon in ʼn klein kantoortjie wou nie help nie. Hy wou nie eers die deur of venster oopmaak nie.

    Suzette begin bid: “Ag, Here …”
    ʼn Man met ʼn swart BMW kom aangejaag en hou langs ons stil, hy gooi sy deur oop en storm op ons af. “Nou kom daar rêrig moeilikheid,” sê ek, “... van daardie soort wat ʼn mens, in hierdie omstandighede, teen hierdie tyd van die dag, in sommige groot wêreldstede kan verwag.”
    Ek sê Suzette aan om haar deur te sluit en maak my venster op ʼn skrefie oop. Die man lyk nie kwaadwillig nie, hy vra na die pad lughawe toe. Ek draai my venster verder oop en antwoord: “We’re from South-Africa, we also need to know the way there. We need to catch a plane and we’re running late!”
    “Wait!” Sê die man, draai om en storm op die deur af wat gesluit is. Hy hamer met mening daarteen en roep na die man agter die toonbank - die man wat nie wou help nie!
    Na wat soos ʼn halfuur gevoel het, kom hy deur striemende windvlae en gietende reën teruggestorm. Hy roep: “Follow me!”

    Om hoeke en draaie volg ons die dowwe ligte van die BMW blindelings, deur nou straatjies en oor ʼn stuk grondpad met plasse modderwater, tot by die ingang van die lughaweterrein.
    Wat het van die man met die BMW geword - was hy miskien ʼn engel?

    Wicus Botha (alias: Griekse Boerke)
    DENDERMONDE

    *****

    Ns.
    Ten spyte van swak weer wat ons belemmer het, het ons eerste kennismaking met Griekeland daartoe gelei dat ons, vir die volgende paar jaar, telkens weer ʼn paar dae die een of rigting in Griekeland sou inslaan om meer van die minder bekende dele in Griekeland te ontdek.

    *****

    DEEL 2:
    GRIEKELAND - TRAHILA VERRASSEND ANDERS!

    Benewens ʼn kaart en ʼn roetekaart word in die tweede deel, ter wille van perspektief, weer ʼn kort oorsig gegee van die geografie en bevolkingsverspreiding van Griekeland. Daarna vertrek Wicus en Suzette met ʼn gehuurde karretjie en die kaart wat hulle met hul eerste verkenningsreis gebruik het, op Suzette se skoot oopgevou, in die rigting van Mani, ʼn gebied op die mees suidelike skiereiland van Peloponnesos, ʼn gebied waar geen buitelander ooit oorheers nie - nie die Turks-Ottomaanse magte wat vierhonderd jaar lank die grootste deel van Griekeland beset het, en selfs nie die Duitsers kon hulle oorrompel nie. Ou manne, vrouens en kinders, het ʼn mag van 2 000 bewapende Turke uit hierdie onherbergsame gebied weggehou. Volgens oorlewering was hierdie mense afstammelinge van die Spartane en het hulle en vir geslagte lank hier oorleef deur ʼn seerowerbestaan te voer. Dis ʼn afgeleë wêreld die, dis geharde mense wat hier woon. Was Trahila ook dalk ʼn seerowervesting? Die hawetjie miskien die een waarvandaan hulle uitgevaar het om skepe te oorrompel en te beroof?


    Die eerste drie dele van die reeks GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! word gelyktydig vrygestel:

    DEEL 1: Griekeland - Verrassend Anders!
    DEEL 2: Griekeland - Trahila Verrassend Anders!
    DEEL 3: Griekeland - Pélion Verrassend Anders!

    *****
  • Productinformatie
    Binding : Paperback
    Distributievorm : Boek (print, druk)
    Formaat : 210mm x 148mm
    Aantal pagina's : 113
    Uitgeverij : Griekse Boerke
    ISBN : 9789083154909
    Datum publicatie : 05-2022
  • Inhoudsopgave
    INHOUD: DEEL 1 - GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS!
    (Die boek word nie van 'n inhoudsopgawe of index voorsien nie. Die episodes - kort, interessante vertellings en leesstukkies - is elk van 'n opskrif en onderopskrif voorsien. Hier volg 'n lys van opskrifte en onderopskrifte:

    * Griekeland in perspektief - ʼn Kort beskrywende oorsig van geografiese- en demografiese kenmerke
    * Voorwoord
    * Griekeland – Verrassend anders! - Dan sal twee dae nie genoeg wees nie
    * Ons gaan tog nie by die eerste die beste hotel slaapplek soek nie - die omgewing lyk maar “scalie”
    * Voordat ek met môre begin ... dan onthou jy dat jy dit vergeet het!
    * Ons selfoonwekker maak ons wakker - marmelade is tog nie Engels nie
    * Peloponnesos - Isthmus, Arxaia Korinthos en Nea Korinthos
    * Kolpos Korinthos - alles lyk verlate
    * Berg en See - hierdie berge wil ek in
    * Posbussies langs die pad - langs ʼn gapende afgrond, langs elke draai ...
    * ʼn Sneeuvlokkie op ons voorruit - ons moet omdraai voordat ons vanaand hier vassneeu
    * Onmoontlike ingenieurswerk – ‘n brug op ‘n drywende fondasie
    * Die aand op Patra - agter ʼn sluier van sigaretrook
    * Barcelona - die man met die aktetas
    * ‘n Misverstand - sy maak haar verskyning met nóg twee Pyrexbakke
    * Agter berge om - tussen bome, bosse en vosse
    * Die natuur moet sy gang gaan - en ons is honger
    * Tripoli - ‘n sentrale kruispunt
    * ‘n Droom word werklikheid – ná 2,500 jaar
    * Nou kom daar rêrig moeilikheid ... was hy ʼn engel?
    * Erkenning en Bedankings
    * ʼn Kort voorskou van deel 2 - Trahila Verrassend Anders!


    FOTO’S en KAARTE
    * Kaart van Griekeland en Roetekaart
    * Foto - Rooi teëldakkies en kleurvolle daktuine
    * Foto - Geel modderwater wat klots teen ʼn skuit
    *Foto - van Niemand anders waag dit buite nie
    * Foto - Sneeu skitter in kolle sonlig op berge
    * Foto - “Posbussies” langs die pad
    * Foto’s - Manjifieke ou bome
    * Foto - Onmoontlike ingenieurswerk
    * Foto - Veerbote en jagte aan die pad verankerd
    * Foto - Agios Andreas-kerk
    * Foto - Agter berge om
    * Foto’s - Die vroeë-oggendson op berge, wolke en bootjies op onrustige water
    * Foto - Herders, bosse en vosse
    * Foto - ʼn Alleenstaande klipgebou langs die pad
    * Foto - Tussen blaarlose bome murmel ‘n stroompie
    * Foto - Die kanaal
    * Foto - Diolkos

    Nota:
    Die foto’s is meestal sonder byskrifte, maar so geplaas dat dit ‘n eenheid met die teks vorm.
  • Reviews (7,5 uit 5 reviews)

    07-09-2022
    ’n Mens reis heerlik saam - Vir my was die boek puik
    Die skrywer begin met ’n baie goeie algemene oorsig van Griekeland wat die leser ’n goeie indruk gee van waaroor dit gaan. Hy maak gebruik van pragtige foto’s oor die omgewing en die natuur, wat ’n mens heerlik saam laat reis saam met hom en sy vrou, Suzette, deur Griekeland. Wicus skryf met ’n heerlike verteltrant oor die minder bekende plekke in Griekeland wat hulle besoek het; oor ontberinge van gietende reën op hulle eerste aand in Griekeland en die praggesig die volgende dag. Hulle moes ook plek-plek met gebaretaal oor die weg kom, omdat dit nie ’n gegewe is dat almal in Griekeland Engels verstaan nie. Hy beskryf die smal paadjies en gapende afgronde, en spyskaarte waarvan hulle nie ’n woord verstaan nie. En vertel van ’n man in ’n swart BMW wat hulle uit ’n penarie gered het. Nie net lees ons oor die mooi natuurskoon nie, maar Wicus neem ons ook terug na plekke uit die Bybelse tyd. Hierdie is ’n heerlike boek om te lees en ek kan hom aanbeveel vir mense wat Griekeland deur iemand anders se oë wil ontdek. Vir my persoonlik was die boek puik.


    Geplaatst door uit Ladismith, Wes-Kaap , leeftijd 60-69
    Waardeert het boek met een 6.5 uit 10


    11-08-2022
    Op 92 jarige leeftijd qua inhoud voor 95% begrepen!
    Op 92 jarige leeftijd moet men niet meer beginnen om Zuid-Afrikaans te studeren. Gelukkig heb ik qua inhoud de eerste deel van “Griekeland Verrassend Anders” voor 95% begrepen. Wat sommige woorden betreft daalt het helaas tot 70%. Wicus, ik moet je wel feliciteren met dat boek. Het opent zowel de tijd naar vroeger als de huidige. Dan is er ook de vrolijke noot in dat restaurant waar er geen Engels werd gesproken en waar je graag het menu had in die taal. Ook waar de ober in alle mogelijkheden wou uitleggen dat het om kip en varken ging, waar een andere klant heeft moeten tussenkomen met de vertaling van het menu in het Engels. De zorg voor Suzette op de slechte wegen was ontroerend. Gelukkig kon je haar sussen met "ik zal voorzichtig zijn”. Dan de helse rit naar de vlieghaven.

       Een vrolijke noot
       Ook ontroerend

    Geplaatst door uit Dendermonde , leeftijd 70+
    Waardeert het boek met een 8 uit 10


    06-08-2022
    Prettig te lezen
    Wat een mooi reisverslag. Je schrijft zo uitgebreid dat ik het helemaal als een film voor me kan zien, en het is prettig om te lezen. De schrijfstijl vind ik erg gemakkelijk, luchtig, goed leesbaar. Het onderwerp vind ik heel interessant en het is zo’n mooi en herkenbaar verhaal. Bijvoorbeeld dat niemand in het restaurant Engels spreekt en de menukaart alleen in het Grieks is geschreven. Dus dan probeer je met handen en voeten eten te bestellen en dan is het een verrassing wat je krijgt.

       Heerlijk herkenbaar verhaal
       ​Enige kennis van Afrikaans gewenst

    Geplaatst door uit Alphen aan den Rijn
    Waardeert het boek met een 8 uit 10


    04-08-2022
    Prettig te lezen
    Wat een mooi reisverslag. Je schrijft zo uitgebreid dat ik het helemaal als een film voor me kan zien, en het is prettig om te lezen. De schrijfstijl vind ik erg gemakkelijk, luchtig, goed leesbaar. Het onderwerp vind ik heel interessant en het is zo’n mooi en herkenbaar verhaal. Bijvoorbeeld dat niemand in het restaurant Engels spreekt en de menukaart alleen in het Grieks is geschreven. Dus dan probeer je met handen en voeten eten te bestellen en dan is het een verrassing wat je krijgt.

       Heerlijk verhaal en herkenbaar.
       Enige kennis van de Afrikaanse taal

    Geplaatst door uit Alphen aan den Rijn, Nederland
    Waardeert het boek met een 8 uit 10


    21-07-2022
    Verfrissend anders!
    Die skrywer beindruk met sy interessante, ongekompliseerde en beskrywende skryfstyl. Die verhaal word met gemak en heelwat humor oorgedra. Die boek is vol pittighede, die vertellings op behendige wyse geskoei, en die verteltrant vloeiend. Die skrywer deel sy avonture en kennis op 'n lekkerlees wyse en behou die leser se aandag regdeur. Sommige beskrywings word deur foto's geillustreer. Die lees van hierdie boek was heerlik en verfrissend anders - die perfekte leesstof vir lesers wat van iets anders as die alledaagse hou.


    Geplaatst door
    Waardeert het boek met een 7 uit 10

€ 19,95

niet beschikbaar

niet beschikbaar

3-5 werkdagen
Veilig betalen Logo
14 dagen bedenktermijn
Delen 

Fragment

FRAGMENTE uit GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (Deel 1)

FRAGMENT Nr. 1
ʼn Man staan in die deur en staar die donkerte in. Sy maag hang saam met sy hemp oor sy broek. Hy suig aan ʼn sigaret en kyk hoe reën in flarde neerkom, laat sy hand sak en blaas rook die koue naglug in. Hy skiet as van sy sigaret af, dit maak vonkies.
“Die omgewing lyk maar scalie,” sê Suzette. “Die omgewing én die man,” sê ek. Ry maar verder,” sê sy: “Ons gaan tog nie by die eerste die beste hotel slaapplek soek nie.”

FRAGMENT Nr. 2
Aan geraamtes van sonskerms wat tydens die somer met palmtakke bedek was klou nou nog ʼn paar halms halsstarrig vas, terwyl die wind dit in flarde waai en onsigbare aasvoëls daaraan ruk en pluk. Geel modderwater stroom teen die berghange af en verkleur die water van die Golf van Korinthe geel. Skuins voor ons klots geel modderwater teen ʼn skuit wat op die strand lê. Later breek die son deur. Kolle sonlig skyn op bootjies wat op die Meer van Korinte dryf en skitter op sneeubedekte pieke van berge oorkant die meer. Ek neem die kaart wat ons by die Griekse toeristekantoor op die lughawe gekry het (dit was in dae voordat ons met GPS vertroud was) en probeer vasstel waar presies op hierdie aardbol ons is, want tot hier het ons die pad net blindelings gevolg. Ek kyk na die bergreeks, links van ons, dan na die kaart. Hierdie berg is hoër as Tafelberg!

FRAGMENT Nr. 3
Op ʼn tergend gevaarlike paadjie, hoog in die berge, word ons skielik deur sneeu oorval. In deinsige donkerheid van dwarrelend sneeu, wolke en mis, soek ek omdraaiplek langs grynsende afgronde. Suzette spot: “Ek sal nie omgee om hier vas te sneeu nie ... as daar maar net ʼn aantreklike Griek in die omgewing is wat hom oor my sal ontferm!”

FRAGMENT Nr. 4
Die omgewing is landelik, die paadjie smal, die hellings van die berge bosagtig. Iewers op die pad lê ʼn vos wat platgetrap is. Tussen bosse en vosse kom ons ook mense teë, ou mans en vrouens wat soos in Bybelse tye met lang, gekrulde, herderstaf skape oppas.
Toe ons begin honger word en “die natuur roep” stop ons by ʼn bos blaarlose bome langs die pad, want nêrens het ons deur ʼn dorp gery waar ons ʼn toilet kon gebruik of iets kon koop om te eet nie!
Suzette vroetel in ʼn sak en sê: “Ons het darem nog van gister se brood en kaas wat oorgebly het, en ... wag ‘n bietjie, hier is darem nog ʼn paar olywe en ʼn bietjie water ook. Ons is gered!”
Die omgewing is buitengewoon mooi. Na daelange reën is alles skoongewas en strome water stort oor hoë kranse en langs berghellings af. Iewers tussen die bome murmel ʼn stroompie water. Ons hoor die geluid van ʼn klok, die klok om die nek van ʼn bok wat iewers teen ʼn steil berghang wei.

FRAGMENT Nr. 5
Dit was al donker toe ons in ʼn in ʼn buitewyk, 'n gure buurt, van Athene die pad na die lughawe kwytraak. In gietende reën het ons by ʼn klein vulstasie probeer navraag doen. Die enigste persoon in ʼn klein kantoortjie, wou nie help nie. Hy wou nie eers die deur of venster oopmaak nie. Suzette begin bid: “Ag, Here …”

ʼn Man met ʼn swart BMW kom aangejaag en hou langs ons stil, hy gooi sy deur oop en storm op ons af. “Nou kom daar rêrig moeilikheid,” sê ek, “... van daardie soort wat ʼn mens teen hierdie tyd van die dag, in hierdie omstandighede, in sommige groot wêreldstede kan verwag.” Ek sê Suzette aan om haar deur te sluit en maak my venster op ʼn skrefie oop.

Die man lyk nie kwaadwillig nie. Hy vra na die pad lughawe toe.
Ek draai my venster verder oop en antwoord: “We’re from South-Africa, we also need to know the way there, we need to catch a plane and we’re running late!”
“Wait!” Sê die man, draai om en storm op die deur af wat gesluit is. Hy hamer met mening daarteen en roep na die man agter die toonbank, die man wat nie wou help nie!

Na wat soos ʼn halfuur gevoel het, kom hy deur stormende windvlae en gietende reën teruggestorm. Hy roep: “Follow me!” Om hoeke en draaie volg ons die dowwe ligte van die BMW blindelings, deur nou straatjies, en oor ʼn stuk grondpad met plasse modderwater, tot by die ingang van die lughaweterrein.

Wat het van die man met die BMW geword?
Was hy miskien ʼn engel? ×
SERVICE
Contact
 
Vragen