€ 19,95

ePUB ebook

niet beschikbaar

PDF ebook

niet beschikbaar

Meer van deze auteur

  • Cover GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS (DEEL 2)
    GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS (DEEL 2) (boek)
  • Cover Griekeland Verrassend Anders (Deel 1)
    Griekeland Verrassend Anders (Deel 1) (boek)

GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (Deel 3)

PELION - Verrassend Anders

Wicus Botha (alias: Griekse Boerke) • Boek • paperback

  • Samenvatting
    AGTERBLAD:
    Ek sien water uit die bek van ’n fonteintjie spuit. Hoër-op kom water teen die berghang afgestroom, bruisend oor rotse, glinsterend waar die son plek-plek daarop skyn. Daardie water moet drinkbaar wees - onbesoedeld, suiwerskoon.
    Ek trek die kar van die pad af, stap oor die straat en hou my hand bak om daarvan te proe.
    Dis verfrissend koel en smaak heerlik ...

    SAMEVATTING:
    GRIEKELAND - VERRASSEND ANDERS!
    DEEL 3: PELION – VERRASSEND ANDERS (882 woorde)
    (Paragrawe en sinne is verkort en foto’s, kaarte en beskrywende dele weggelaat)

    Met hierdie reis, ons derde verkenningsreis deur Griekeland - Pélion Verrassend Anders! neem ek die leser padlangs vanaf Athene oor die eiland Evia, en met ʼn plaaslike veer na Volos. Dan met ʼn klein paadjie oor Berg Pélion tot aan die kus, waar ons naby Papa Nero blyplek kry.

    Soos ons ander verkenningsreise deur Griekeland is hierdie een ook nie sonder gebeurtenisse” nie. Daarnaas is die omgewing só mooi, so vol van verskeidenheid en interessanthede, dat ons enkele jare later wéér ʼn paar dae in hierdie omgewing kom deurbring het.

    Die dag voor ons beplande vertrek uit Harrismith gebeur ʼn insident wat my lewe totaal verander het. Tien maande later vertrek ons eers - wéér sonder om enige beplanning te doen.

    By die toeristekiosk op Athene se lughawe beveel ʼn mooi meisie aan dat ons die paar dae in die omgewing van Pélion kan gaan deurbring ... “Ai, mooi meisies, met oë soos donker poele water vol geheimenisse, kan tog só mooi beduie!”

    Onderweg besluit ons om van die gebaande weg af te wyk en steek van die vasteland af oor na die eiland Evia, waar ons op ʼn bosboupad beland – ʼn uitgetrapte grondpad, vol gate en slote, wat teen steil hellings deur denneplantasies op en af kronkel.
    Dáár is geen “predikant” om ons die “goeie” weg aan te dui nie. Waar ek in Suid-Afrika wéét hoe om rigting te bepaal, is ek hier my rigting totaal kwyt want hiér in die noordelike halfrond is die son agterbaks. Hy kom steeds in die ooste op en gaan in die weste onder, maar beweeg met die suidelike horison langs. As jy noord kyk, beweeg hy ágter jou rug om!”

    Ure later kom ons op ʼn verlate plek by ʼn veerbootaansluiting uit, waar die enigste persoon dáár net Grieks kan praat en ons kan nie agterkom hoe laat die veer kom óf gaan nie ... Ons wag!
    Met ons gehuurde karretjie aan boord, twee ander voertuie - ʼn baie ou vragmotor en ewe ʼn ou bakkie - die skeepsman, een bemanningslid en die mense wat in daardie twee voertuie was, vertrek ons, na ʼn uur of wat, met ʼn oop veer na iewers-êrens.
    Ons land waar ons nie verwag het om te land nie - ʼn plek in die barre, ʼn braakveld, waar net twee karre geparkeer staan!
    Heelwat later ry ons met ʼn gevaarlike paadjie en talryke haarnaalddraaie, teen ʼn steil bergwand, in ʼn kloof op. Nêrens op hierdie pad kom die karretjie in derde rat vorentoe nie!
    Van hoog teen die hange van die berg kyk ons af oor die gewelf van hoë bome met geil blare en sien hoe die laatmiddagson, amber skyn, op glinsterende water van die Golf van Pagasitikos.

    Op die kruin van Pélion kom ons by ʼn T-aansluiting ... moet ons hier links- of regsaf?
    Aan twee swartgeklede geboë figuurtjies met swaarbelaaide sakke vra ek in watter rigting Agios Ioannis lê - dis waarheen ons op pad is. Agios Ioannis, die “Heilige Johannes.” Dis die plek wat die meisie by die lughawe aanbeveel het.
    Met kaart op die motorkap oopgevou en swaaiende arms, kry ons darem ʼn idee in watter rigting om te ry.

    Ons brandstof is byna op. ʼn Jong man beduie waar die enigste pomp is.
    Al kronkelende daal ons in die skadu van berg en bome oor ʼn afstand van ʼn paar kilometer, met meer as ʼn duisend meter, tot onder by Papa Nero.

    Die volgende oggend vind ons uit dat ons weer terug moet - berg-op - om in Tzagarada proviand te koop en geld te trek. Langs die pad maak ek ons waterbotteltjies by ʼn fonteintjie vol. In die daaropvolgende dae moes ʼn ou Griek, met ʼn lang grys snor, Suzette uit “kalm” water red. En beland soos ʼn kleuter saam met klein vissies in ʼn poeletjie water agter rotse ... ek kort net ʼn stokkie met ʼn netjie vooraan!

    Nadat ons, op pad terug, deur ʼn dorre Karoo-agtige gebied gery het en ʼn “long-drop” moes gebruik, land ons agter ʼn “begrafnisstoet” - ʼn stroom voertuie wat blinkwarm in die bakkende son teen ʼn slakkepas voortbeweeg. Dit skiet ons te binne dat dit die laaste naweek, die laaste Sondag van die Europese somervakansie is, en dat universiteitstudente, werkende mense en gesinne met kinders op skool, almal, ja álmal wat iewers vanuit die noordelike dele van Griekeland, uit Albanië, Bulgarye óf van Turkye af kom, vandag op hierdie pad sal wees Athene toe, waar ʼn derde van die Griekse bevolking woon, werk of studeer.

    Laat-middag, vroeg-aand, soek ons slaapplek in die omgewing van die lughawe, want more-oggend vroeg moet ons vertrek, België toe. Toe die maan sy soeklig oor water van spieëlglas giet, sit ons op ʼn terras en klink ʼn glasie. Ons dink aan die dag toe die man met die breë weglêsnor Suzette uit die see moes red en aan die keer toe ons bó in Berg Panachaiko, naby Patra, deur sneeu oorval is. Tóé het sy gesê dat sy nie sal omgee om dáár vas te sneeu nie, solank as daar maar net ʼn aantreklike Griek in die omgewing is, wat hom oor haar sal ontferm!

    Tussen hierdie lyne gebeur daar baie meer.

    Wicus Botha (alias: Griekse Boerke)
    DENDERMONDE
  • Productinformatie
    Binding : Paperback
    Distributievorm : Boek (print, druk)
    Formaat : 210mm x 148mm
    Aantal pagina's : 101
    Uitgeverij : Griekse Boerke
    ISBN : 9789083154930
    Datum publicatie : 05-2022
  • Inhoudsopgave
    GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (DEEL 3)
    PELION VERRASSEND ANDERS!

    Die inhoud is nie in "hoofstukke" verdeel nie maar in kort "episodes" waarvan elk van 'n passende opskrif en onderskrif voorsien is.
    Hier volg nou 'n lys van die opskrifte met sub-opskrifte:

    * Griekeland in perspektief
    * ‘n Kort beskrywende oorsig van geografiese- en demografiese kenmerke
    * Voorwoord
    * Harrismith - Dinsdagoggend, 9 Desember
    * Tien maande later Woensdag, 1 September
    * By die toeriste-kiosk - ʼn Meisie met oë soos donker poele water vol geheimenisse
    * Evia - Hier is die son agterbaks
    * Na êrens of nêrens - Hier is nie ʼn predikant wat ons die regte pad kan wys nie
    * Die Veerboot - Die veer neem ʼn ander roete ... waarheen?
    * Volos - Die os
    * Twee geboë figuurtjies - Which di-réc-ti-on?
    * Agios Ioannis - By Papa Nero verby
    * Laatlig en vroeë aandskemering swig voor donker-duisternis - ʼn Skugterskaam maan stort ʼn emmer witgoud op spieëlgladde water uit
    * Tsagarada - Waar ons geld moet trek en proviand gaan koop
    * Die berg - ʼn Mekka vir verskillende soorte bergsport
    * Nóú gaan ek swem! - Suzette stribbel teë maar verloor die stryd
    * Tweebeen-visse en vissies tussen rotse - Poedelnaak ...
    * Op pad terug ... Ons draai in ons spore om

    * Waardering en Dankbetuiging
    * Die skrywer - 'n Biografie
    * ‘n Prikkelende voorskou van Deel 4

    FOTO’S en KAARTE:
    Nota: Die foto’s is meestal sonder byskrifte, maar so geplaas dat dit ‘n eenheid met die teks vorm.
    Hier volg is 'n lys van kaarte en foto's:

    * Kaart van Griekeland en Roetekaart
    * Foto van “êrens of nêrens”
    * Foto van Muurkaart van Berg Pelion en Golf van Pagasitikos
    * Foto van Agios Ioannis
    * Foto van Stroompie uit die berg
    * Foto van Fonteintjie langs die pad
    * Foto’s van Manjifieke ou bome
    * Foto van Lekker eetgoed
    * Foto van Ons uithangplek
    * Foto van Voet- en Eselpaadtjies tussen bergdorpies
    * Foto van Klip-uitleg van ou bergpaadjie
    * Foto van Strandgebied van Agios Ioannis
    * Foto van Padstal met lekkernye
  • Reviews (9 uit 1 reviews)

    05-09-2022
    Superleuk! Onbevangen, prachtig geschreven.
    Betoverende boekjes in afrikaans over het mooie Griekenland. Ik heb heel erg genoten van de mooie boekjes over de leuke soms wel straffe verhalen in Griekenland. De Afrikaanse taal vind ik heel toegankelijk en open. Voor mij een echte oertaal en begrijpbaar voor Vlamingen. De boekjes zouden "leerstof" kunnen zijn om zelf aan de studie Afrikaans te beginnen. Het zijn leuke reisverhalen in een vlotte directe verstaanbare manier geschreven. Griekenland is duidelijk een fijn land met vriendelijke aangename mensen en een prachtige omgeving. De authenticiteit van het land is ongekend en dit is in de boekjes duidelijk naar voren gekomen. De verhalen (en foto's ) zijn superleuk en de boekjes zijn zo onbevangen prachtig geschreven. Je wordt meegenomen op de vele bestemmingen en wil instant je koffers pakken om mee op ontdekking te gaan. Griekenland is duidelijk een van de mooiste vakantiebestemmingen. Wicus kan prachtig schrijven!


    Geplaatst door uit Dendermonde , leeftijd 50-59
    Waardeert het boek met een 9 uit 10

€ 19,95

niet beschikbaar

niet beschikbaar

3-5 werkdagen
Veilig betalen Logo
14 dagen bedenktermijn
Delen 

Fragment

FRAGMENTE uit GRIEKELAND VERRASSEND ANDERS! (Deel 3)
PÉLION VERRASSEND ANDERS! (2,324 Woorde)

FRAGMENT Nr. 1 (388 woorde)
By ʼn koffiekroeg op Athene se internasionale lughawe parkeer Suzette die trollie met ons bagasie langs my, haal die Griekse landkaart uit, vou dit oop en sê: “Kyk jý solank na die kaart terwyl ek vir ons gaan koffie koop.” ʼn Rukkie later kom sy terug en vra: “Het jy al besluit watter rigting ons gaan inslaan?” “Nee jong, ek het nog geen idee nie. Die dag is nog lank, kom ons drink maar ons koffie en wag tot daai toeristekantoor oopmaak,” antwoord ek.
ʼn Mooi meisie (die Griekse meisies is almal mooi, party net mooier as die ander) sluit die kiosk oop, rol die blinding op en bring die toonbank in gereedheid. Ek vou die kaart tussen my en die meisie oop en vertel van ons vorige besoeke én van my ongeluk - dat ek nie ver wil ry nie. “Where do you recommend we should go, where would people from here, from Greece, go?” Vra ek.
Sonder om te twyfel antwoord sy: “Pélion! Everybody goes there, young and old. It is beautiful there.” Ek sien dat sy nie Pélion sommer maar net aan my voorhou nie, maar self oortuig is dat ons dit daar sal geniet.
“Have you been there yourself?” Vra ek.
“Yes, I go there often,” sê sy.
“How far is it?”
Sy antwoord: “Oh, less than two hours by car, with the main road, I guess.”
Dit klink nie te ver nie en sy oortuig my om die omgewing van Mont Pélion te gaan verken.
Ek beskou die kaart en bekyk die roete. Aan die voet van Berg Pélion lê die stad, Volos. Volgens ons kaart is daar aan die noordekant van Evia, tussen Evia en Volos, ʼn veerverbinding via die Golf van Pagasitikos. Aan die westekant is daar net ʼn smal seestraat tussen die eiland en vasteland. Dáár is die eiland met ʼn brug aan die vasteland verbind. Die hoofpad na Volos loop ook sommer daar naby die brug verby. Dit kan mos net ʼn avontuur wees om oor Evia te ry, dink ek, dan kan ons sommer ook van die eiland iets te siene kry! Só redeneer ek en bespreek my insigte van die kaart met die meisie agter die toonbank. Sy beaam alles ... ai, mooi meisies met oë soos donker poele water vol geheimenisse kan tog só mooi beduie!

FRAGMENT Nr. 2 (336 woorde)
Die Olimpiese Spele is agter die rug en viertalige rigtingaanwysers - vroeër jare het sommige mense dit “predikante” genoem - wat langs die vernaamste roetes aangebring is, lei ons deur buitewyke van Athene en noordwaarts, verby die stad, tot waar die pad na Evia uit die snelweg wegdraai. Aan Evia se kant is die pad smal - iets breër as ʼn enkelbaan. En, dis uitgetrap. Ons het nog nie één padteken of “predikant” gesien wat aandui waarheen afdraaipaadjies lei nie. Ons kaart dui ook nie ál die afdraaipaadjies aan nie.
Ek besluit dat ons ver genoeg in ʼn oostelike rigting - die rigting na die ander kant van die eiland - gery het. Ons moes lankal noordwaarts weggedraai het, op ʼn pad wat na die veer lei, Volos toe! By die volgende paadjie wat na ons mening noordwaarts lei, draai ek af. Ons land op ʼn uitgetrapte grondpad, ʼn pad vol gate en slote wat teen steil hellings deur denneplantasies, op en af, kronkel - ʼn bosboupad! In Suid-Afrika het ek nooit ʼn probleem gehad om rigting te bepaal nie. Dáár beweeg die son vóór ʼn mens, teen die noordelike horison, van Oos na Wes verby, maar hier in die noordelike halfrond is hy agterbaks. Hy kom steeds in die ooste op en gaan in die weste onder, maar beweeg met die suidelike horison langs. As jy noord kyk beweeg hy ágter jou rug om - dis verwarrend! Die pad kronkel ook só dat wanneer ons die son skrams tussen boomtoppe deur te siene kry, is hy aan die verkeerde kant. Na byna twee uur se sleur met die kronkelpaadjie deur plantasies heen, is hy ook nie meer voor, agter, links óf regs van ons nie, maar bó ons! Vir al wat ons weet ry ons nou in sirkels. As ons maar net iewers op ʼn plek kan kom waar ons ʼn rukkie kan rus en iets kan kry om te drink, maar tot nou toe het ons geen teken van lewe gesien nie, net bome!
*****

FRAGMENT Nr. 3 (399)
Plotseling sien ons see met land aan die oorkant. Met die son reg bó ons, het ons steeds geen idee aan watter kant van die eiland ons uitgekom het nie - aan sy noorde- of aan die westekant? Ons herken albei die simbool van ʼn veerbootaansluiting en dis nie vir my meer só moeilik om die Griekse skrif te ontsyfer nie: Βόλος (Volos). Is dit Volos, die wit strepie daar in die verte?
Vlak by die strand is ʼn drieverdiepinggeboue met ʼn paar ander geboue in die agtergrond. Langs die geboue is ʼn struktuur van pale met ʼn rietdak – skynbaar ʼn taverne. Daarnaas is ʼn kleinerige tent wat as kiosk dien. In die enge skadu van ʼn enkele boom op die strand, is ʼn bakkie en nog twee voertuie geparkeer. Drie helderkleurige bootjies lê ver van mekaar, ver van alles af, hoog en droog op ʼn verlate strand. Langs ʼn enkele bankie (waar niemand dit in hierdie skreiende son sou waag nie) lê ʼn kajak. Op die verste punt van die strand is ʼn enkele rietskerm. Só verlate het ons in ons lewe nog ooit ʼn strand gesien nie!
Die son bak genadeloos. Ons het nou waarlik iets nodig om te drink, ons tonge kleef aan ons verhemelte vas!
Ek parkeer die kar daar in die oopte, en ons stap na die gebou om ondersoek in te stel. Die deure is toe, maar binne sit ʼn man by ʼn tafeltjie en koerantlees. Wanneer ek die handvatsel draai kyk hy op. Ons stap binne, maar dit neem byna té lank voor hy sy koerant neersit en nader staan om te hoor wat ons nodig het. Hy begin in Grieks. Ons verstaan daar geen woord van nie.
Ek vra waar mens die “ferry” na Volos kan haal: “The ferry to Volos ... where?” Hy begryp kennelik waarvan ek praat en beduie skuins by ʼn venster uit na ʼn betonblad wat, daar waar die pad eindig, gelyk met die pad se oppervlak, die see in loop. ʼn Kaai?
Ek vra: “What time?” Hy verstaan nie. Ek wys na my horlosie en herhaal: “What time?”
Hy rammel ʼn paar woorde in Grieks af. Ons verstaan steeds nie, maar ons is so dors soos die Kalahari op ʼn warm somersdag. Ek vra: “Coca-Cola?” Díe handelsmerk is darem oral, in elke afgeleë gebied in die wêreld, bekend.
Ons suig aan yskoue Coca-Cola en wag ...
*****

FRAGMENT Nr. 4 (443 woorde)
Minute word ʼn halfuur, ʼn uur gaan verby, dan hoor ons ʼn gerammel en sien ʼn gehawende twee-ton-bakkie met die stamperige stofpad afkom. Hy ry oor ʼn hardgetrapte strook sand en parkeer vlak voor die betonblad. ʼn Rukkie later hoor ons weer iets en sien ʼn ewe gehawende vier-ton Hyno-vragmotor, uit die laat vyftiger- of sestigerjare van die vorige eeu, met die pad afkom. Hy parkeer agter die bakkie. Dit word weer stil, tjoepstil.
Na ʼn wyle merk ons ʼn kleinerige veer wat iewers vandaan gekom het, besig om aan die voorpunt van die kaai vas te meer. Toe hy vertrek is dit net die vragmotor, die bakkie, die skeepsman, een bemanningslid, die mense wat in daardie twee voertuie was en ons met ons gehuurde karretjie aan boord. Meer kan daar nie op nie!
Die son bak.
Hier is geen kajuit of beskutting vir passasiers nie. Die houtbanke langs die sykante van die boot is hard, het geen rugleunings nie en is warm gebak. Dit brand ons sitvlakke. My rug pyn.

Die veer vaar met ʼn boog na regs - Noord! In die verte doem die profiel van ʼn majestueuse berg op - groter as die berge aan die westekant, oorkant van die seestraat van Evia. Is dit Pélion?
Hoe nader ons aan die duisend-sewe-honderd-meter hoë Berg Pélion kom, hoe indrukwekkender lyk hy. Soos Tafelberg verrys hy byna loodreg uit die see maar hy is ʼn paar honderd meter hoër as Tafelberg! Soos Tafelberg vorm hy ook ʼn skiereiland met die vasteland. Hierdie skiereiland het egter die vorm van ʼn skoen. Dit lyk byna na die “skoen” van Italië, maar is ʼn miniatuur, ʼn omgekeerde beeld, daarvan - sy punt wys in die teenoorgestelde rigting. Hy het ook nie ʼn hoë hak soos Italië se stewel nie, dit lyk meer na die skoen van ʼn nar. Hy het ʼn plat hak en ʼn omkrulpunt met ʼn klokkie vooraan. ʼn Eiland. Die punt (oftewel “toon”) vorm ʼn smal poort met die vasteland, ʼn veilige toegangspoort tot die Golf van Pagasitikos. Die stad Volos is ʼn wit strepie op die kuslyn van die kolpos, geborge aan die voet van die majestueuse Berg Pélion. Maar, ons veer vaar nie die kolpos binne nie! Hy neem ʼn ander roete ... Hy draai Wes - Waarheen?
Volgens die kaart moet hy die kolpos binne - Volos toe. Maar hy pyl op ʼn verlate plek af, op die kus van die vasteland, suid van die baai van Pagasitikos, waar nie ʼn dorp is nie! En volgens ons kaart, geen veerboothawe nie. Dis ʼn plek in die barre, ʼn braakveld waar twee karre geparkeer staan. Dis ver van Volos af.
*****

FRAGMENT Nr. 5 (240 woorde)
Na ʼn lang vermoeiende dag, die ryery met die bosboupaadjie langs deur gate en slote, sak ons albei op ʼn bed neer. Toe ek wakker word het die son agter die berg verdwyn. ʼn Ligte bries vloei langs die berg af en verdryf die soel aandlug. Die nagtelike skaduwee van Berg Pélion omvou die omgewing. Liggies weerkaats op stil, donker water.
Ons steek in ons spore vas. In die dampkring waar see en uitspansel mekaar ontmoet, waar vanmiddag geen horison was nie, skyn witlig teen middernagtelike blou. Die skynsel word helderder - helderder as die skynsel van sproeiligte by ʼn sportstadion teen ʼn wolkbedekte hemel! ʼn Skugterskaam maan wat skroom om sy verskyning te maak kom moedig uit die dampkring, swel lewenskragtig uit, word groter en breek los van iets wat hom wil vashou, word nóg groter en stort ʼn emmer witgoud op spieëlgladde water uit. Dit spoel tot hier by ons oor nat sand en skitterblinkklippies. Met waardigheid betree hy sy troon - die breedte van sý horison skitter in sy glorie! Tussen skitterglans van sterre wat verskiet, volg ons sy baan. Hoe kan ʼn mens dít na waarde skat waar mure van geboue en strukture, die “ewige” gloed van stadsligte teen ʼn newel van verstikkende rook- en gasdampe, ʼn sluier van rookmis, die naakte skoonheid van die nagtelike hemelruim besoedel en verskans? Hier, aan die ander kant van Pélion, vul die geur van ʼn sipresboom die swyende lug.
*****

FRAGMENT Nr. 6 (224 woorde)
Die son kom teen ons venster op en maak vroeg warm. Ons moet geld gaan trek en proviand gaan koop. Iemand het gesê Agios Ioannis het nie ʼn kruidenierswinkel óf geldoutomaat nie, daarvoor moet ons vyf kilometer terug, halfpad berg-op, Tsagarada toe. Gister moes ons daar verby gery het sonder om die dorp op te merk. Later het ons uitgevind dat die dorpsgebied, bekend as Tsgarada, eintlik uit vier kleiner eenhede bestaan – Agia Paraskevi, Agia Kiriaki, Agio Stefano en Agioi Taxiarhes. Die Vlaminge sou dit “gehuggies” noem.
Gistermiddag was hierdie pad in ʼn skaduwee gehul. Maar vanoggend skyn die son, glansend, op die lowergroen van bome, skilder hy patrone en figure van lig en donker op die pad. By ʼn T-aansluiting sien ek, aan die oorkant van die pad, helder water by die bek van ʼn fonteintjie uitvloei. Hoër-op kom water teen die berghang afgestroom, bruisend tussen rotse, glinsterend waar die son plek-plek daarop skyn. Waar dit vandaan kom woon seker geen mens nie. Daardie water moet drinkbaar wees, onbesoedeld, suiwerskoon, dink ek hardop. Ek trek die kar van die pad af, stap oor die straat en hou my hand bak om daarvan te proe - dis verfrissend-koel en smaak heerlik soet. Ek les my dors en gaan haal die waterbotteltjies wat ons vanoggend leeggemaak het, uit die kar, om weer vol te maak.
*****

FRAGMENT Nr. 7 (586 woorde)
Gisteraand was volmaan en vandag is springgety. Die verskil tussen hoog- en laagwater is hier só gering, dis byna nie waarneembaar nie. Maar iewers van die oorkant, van Turkye se kant, van die Sporades se kant af, het ʼn ligte bries die water na ons kant toe begin dryf. Waar dit ʼn halfuur gelede leweloos was kabbel klein golfies nou op die oppervlak en plof op die strand neer. Hulle is skaars tien sentimeter hoog maar kalwe die sand onder my voete uit. Nee, dis nie sand nie, dis klein ronde klippies.
In Suid-Afrika en België het Neurochirurge my gewaarsku om versigtig te wees want, sou ek val of ʼn kind net teen my sou vashardloop, loop ek gevaar om van my skouers af tot by my voete verlam te raak. Daarom trap ek versigtig oor die plek waar die golfies breek en klippies wegkalwe. ʼn Paar meter die bloue oseaan in staan ek halflyf in die water, draai op my rug en dryf. Die soutgehalte is hoog, ek hoef nie met my voete te beweeg om my vlot te hou nie. “Zalig” sou die Vlaminge sê, om só op deurskynende water met jou gebleikte lyf en gesig in die son te dryf en oor glansende golwe te wieg.
Hoe lank het ek só gedryf? Ek weet nie, maar toe ek besluit om nader aan die strand te beweeg merk ek dat die golwe hoër geword het, die gety het gedraai. Ek kan nie my arms gebruik om teen die kerende gety te swem nie en maak gebruik van die golwe om my uit te spoel. ʼn Sestig-sentimeter-hoë golf kom onder my in en gooi my soos ʼn sak mielies op die strand neer. Ek spartel om orent te kom voordat die volgende golf my kan verras. Gladde klippies glip onder my voete uit. Ek struikel, strompel om orent te bly en slaag daarin om droë sand onder my voete te kry, voordat die volgende brander breek. Toe ek rondkyk sien ek iemand besig om Suzette uit die water te help.
Sy vertel: “Toe ek klein klippies teen my wang voel aanspoel, het ek besef dat ek in die moeilikheid was. Net toe ek paniekerig begin voel, sluit ʼn paar sterk arms om my en lig my uit die water. “Wicus,” dink ek, want op daardie oomblik het ek vergeet ... Ek voel verlig en haal diep asem, maar hoor ʼn ánder se stem besorgd vra: “You okay?” Ek vee slierte hare uit my oë en kyk op in die oë van ʼn man met ʼn woeste weglêsnor - ʼn ou man, ʼn Griek! “Uh … Yes, I’m okay, uh, thank you ... uh, uh …” sê ek hygend, “thank you very much!”
Selfbewus, skaam dat ʼn ou man my uit sulke vlak water moes red, sluip ek daar weg en raak skielik onthuts: “Waar is mý man dan! Kan hý my nie help as ek in die moeilikheid is nie?” Toe val dit my by van sy besering. Ek besef dat ek hom laas ʼn paar meter diep die oopsee in op sy rug sien dryf het. ʼn Gevoel van skuld, benoudheid, verbystering en angs oorweldig my. Verskrik kyk in die rigting waar ek hom laas gesien het, maar dáár is nie meer ʼn mens in die water nie! Waar is hy?
Toe sien ek hom struikelend, strompelend, uit vlakwater orent kom en na my toe aangestap kom.
Verlig vee ek trane en soutwater uit my oë en wonder: “Het hy dan nie seergekry nie?”

DENDERMONDE
2022/05/05 ×
SERVICE
Contact
 
Vragen